Ek staar na die wêreld
blind vir die mens se doeninge.
Ek luister na die taal van die jong
doof vir die sprekers se sê-dinge.
Ek volg in die voetspore van helde
my bene stompies in die velde.
Wat het geword van ons helde?
Ons hoor selde
van jongmense – sò finominaal en opreg
wat ‘n stryd vir die lewe veg.
Bring terug ma-goed
en bring terug pa-goed.
Bring terug die goeie tyd
en verlos ons van hierdie stryd.
-Strand, 1/5/2014
You are here