Born and raised in the sunny – windy – valley of the Helderberg, I, Johan Brink, businessman at the age of 16, have been at the forefront of the Entrepreneurial and Technological age.
During the day, I work as an IT Administrator at a South African Engineering company – solely managing a national IT and Communications network with my trusted consultant on-call, and also as the Director of Finances at the Centre of Astronomical Heritage NPC. In the evenings, I challenge the chilly night time with a session of Astronomy – observing and photographing on dark evenings, and collaborating with friends and family on Full-moon evenings. When the night sky is clouded, I take a crack at the DIY side of life, programming and hacking around on the Internet of Things playground.
Since the age of 16, I have been the true youth entrepreneur in the full sense of the word. Starting with a small first informal venture in IT, Pandora Information Systems was born. This led to the further education of my knowledge in Business Management on a small scale, and later ensuring my now-known position among my peers, to act as an advisor and innovator for their dreams becoming realities. In High School, I assisted in the uprising of a few ventures thought-up by his friends. These ventures knew no boundaries as to the industry – as the foundations of a stable and successful long-term company remains the same.
Without making double work, have a look at my LinkedIn profile here!
Wie is hierdie meesterbrein?
Johan Brink, alias “Boeta”. Trotse Suid-Afrikaner en trotse WordPress blogger!
Ahooi daar! Johan is die naam, en blogging is die spel. Ek is ‘n trotse Suid-Afrikaner en ek mag jou dalk verras met hierdie mooi gesiggie van my (Ek’s bly ek kon jou al so vinnig laat lag!)
Alles het begin by… Nee wag, ons los dit vir ‘n ander dag. Wat meer belangrik is, is wie ek is as mens – My karakter, talente, dinge wat my goed laat lyk… my passie in die lewe, ander dinge wat my goed laat lyk, ensovoorts.
Dis nou maar eens ‘n feit dat jy iemand leer ken deur te weet sy of haar vriende van hom/haar dink. Om die lewe vir jou makliker te maak, het ek sommer self ‘n paar mense gaan vra en die duidelikste punte vanuit hul menings gehaal. Om alles op te som, is ek perfeksionisties, realisties, op-die-man-af, regverdig, nuuskierig (ek moet bieg, ek is verskriklik nuuskierig. Ek vertel jou meer, later.), intelligent, tegnologies gevorderd.
Ek stem een-honderd persent saam met die bogenoemde. Ek is baie tegnologies gevorderd! My liefde vir tegnologie (elektronika, inligting tegnologie – programmering, ens.) het in my Graad 5-jaar begin. Ek onthou dit nog asof dit net die ander dag was. In ‘n latere bydrae op dié webwerf vertel ek jou meer hiervan.
In my vrye tyd geniet ek Astronomie (sterrekunde) en Chemiese eksperimente. Ek is lief vir klavier speel, dis nou maar net ‘n jammerte ek het nie een tot my beskikking meer nie. Op ‘n gemiddelde dag sit en werk ek letterkunde stukke deur en proeflees dit. Ja, jy mag my maar ‘n “grammar-Nazi” noem; of, ek geniet my elektroniese projekte.
Ek hoop jy geniet die elektroniese weergawe van my gedagtes, en ek hoop ek kan jou iets leer uit my daaglikse geselsies hier! Ek glo daaraan dat ‘n mens nooit te oud of te slim is om iets te leer nie.
Gesels met my via e-pos: johan@boetalatwaai.com of compuwaremouse@gmail.com. Ek sien daarna uit om jou te maak lag, te laat dink en te maak droom (slaap-drome en toekomsdrome)!
Ta,
J.